Afrikaner, Quo Vadis 6 April?

Ek wil elke leser oproep om hierdie vraag stil te vra, ook terugskouend; beantwoord dit vir uself, en dan stel u dieselfde vraag aan u familie en vriende.

6 April 1652 was ’n nuwe begin – ’n begin vir n volk wat nog nie eens vir Jan van Riebeeck, sy mede-pioniers of hul maghebbers voorsienbaar was nie; ’n volk wat oor die daaropvolgende geslagte stadig maar seker sou ontwaak en groei, wat sou bou met sweet en bloed.

6 April 1652 was ’n nuwe begin – ’n begin vir n volk wat nog nie eens vir Jan van Riebeeck, sy mede-pioniers of hul maghebbers voorsienbaar was nie; ’n volk wat oor die daaropvolgende geslagte stadig maar seker sou ontwaak en groei, wat sou bou met sweet en bloed.

Wat sou bou op die gereformeerde lewensbeskouing en daarom groot hoogtes bereik het.

Daardie volk-in-wording sou reeds op 6 April 1654 in ’n gelofte-verbintenis tree met God: ’n dank-gelofte te midde van ernstige materiële nood.

Wat sou bou op die gereformeerde lewensbeskouing en daarom groot hoogtes bereik het.

Daardie volk-in-wording sou reeds op 6 April 1654 in ’n gelofte-verbintenis tree met God: ’n dank-gelofte te midde van ernstige materiële nood.

Na hierdie voorbeeld sou ook die 1838-Gelofte volg, en uit die smeltkroes van Suid-Afrika sou ons volk sy voortbestaan-roeping ontvang op 16 Desember 1838.

Kort na die verrassende verkiesings-oorwinning – ruim 5 dekades na die bitter van 1900-1902 – stel doktor Malan ’n waarlik tydlose vraag aan sy volk, aan óns volk.

En elke geslag behoort hulleself voor hierdie vraag te verantwoord.

Dit lei geen twyfel dat die mees onlangse geslagte – geheel beskou – hierin misluk het nie; nogtans bestaan daar steeds ’n volkskern wat wel erns maak met ons volks-roeping en ons volks-geloftes

Ons – daardie kern – moet ons volk opnuut konfronteer met sowel die daag-roep QUO VADIS, as met die vermaning dat hierdie nie roep tot debat nie:

QUO VADIS ROEP TOT DAAD!

Van 25 jaar se debat het dadels gekom; verdere debat is betekenisloos, want debat met weifelaars of heidene, binne raamwerk van liberaal-humanistiese “beginsels”, is opsigself om ons geloftes en die offers van ons gelofte-voorsate te verloën.

Soos die Vryburger, Patriot en Voortrekker roep ons geloftes én ons gelowige lewensbeskouing ons tot aksie, tot opbou, tot self-handhawing in nederige dankbaarheid dat ons nog eens geleentheid daartoe het.

Ons moet dit in opregtheid aanpak en dit sal begin om terug te keer na die goeie beginsels en die edel gewoontes van weleer;  natuurlik moet ons aanpas, maar dan aanpas binne die raamwerk van ons geloof en ons roeping.

Bid en werk, werk en bid …

En laat ons ons eie nuwe begin maak om onbeskroomd weer 6 April deur te bring soos dit hoort, getrou soos ons 16 Desember herdenk.  Maar laat ons ook dieselfde getrouheid aan die dag lê elke Sondag, rondom huisgodsdiens, rondom die skoolopvoeding van ons volk se kinders.

En laat ons, ons eie nuwe begin maak om onbeskroomd weer 6 April deur te bring soos dit hoort, getrou soos ons 16 Desember herdenk.  Maar laat ons ook dieselfde getrouheid aan die dag lê elke Sondag, rondom huisgodsdiens, rondom die skoolopvoeding van ons volk se kinders.

Dán kan ons sinvol-opreg na oplossings begin soek, en daaraan werk en weer opbou vir ons eie, met ons eie.