Aartjie na sy vaartjie

Edward Zuma het Generaal Johan Booysen probeer oortuig om bates ter waarde  van R15 miljoen waarop beslag gelê is te “ontvries” aangesien hy ‘n stille vennoot is van Thoshan Panday wie se bates gevries is. 

Twee ontmoetings met Jacob Zuma was vrugteloos aangesien Booysen nie die geleentheid gegee is om Zuma snr van sy seun se eskapades in te lig nie.

Booysen het voor die kommissie vir Staatskaping getuig, en sal glo later verder getuig oor die korrupsie in Suid-Afrika waarvan hy geweier het om deel te wees.