Verdien duisende Rand so rus-rus

Duitse wetenskaplikes bied nou €16,500 (sowat R300,000) aan vir mense wat bereid is om vir twee maande in ’n ruimte kapsule te lê.

Die Duitse ruimtewetenskaplikes het vir mense die “werkie” aangebied teen ’n aansienlike vergoeding wat nie juis ’n plesierige ruskansie sal wees nie.

Die wetenskaplikes wil met die toets bepaal wat ’n ruimtereis se uitwerking op die menslike liggaam is en wat die newe effekte is na die verloop van 60 dae.

Die belangrike van die toets is om vas te stel wat die liggaam se reaksie is in ’n 60 dae tyd van gewigloosheid waarin verkeer is.

Die toets is van uiterste belang wanneer mense in ’n ruimtevaart reis van 60 dae blootgestel word, en daarvoor is 12 mans en 12 vroue nodig om die eksperiment deur te gaan.

Talle toetse word tans op die ruimtevaart wetenskaplikes se werkrooster aangebring ten eind soveel as moontlik inligting te versamel ter voorbereiding van die beoogde reise na Mars en ander planete.