Zuma, spioene en die ANC

Die  geveg tussen Ramaphosa en Zuma is lank nie verby nie. Die kantoor van die president het die naweek ‘n verslag bekend gestel wat verdoemende getuies bevat teen Zuma,

David Mahlobo en Siyabonga Cwele sowel as senior amptenare van die  Staats Sekuriteite Agentskap (SSA).

Volgens die verslag, wat deur Sydney Mufamadi as voorsitter uitgebring is, het Zuma en die ministers wat hy aangestel het, die SSA se doel verander om hul eie persoonlike en politieke belange te bevorder.

Hierdie skuif was direk teenstrydig met die Konstitusie en wetgewing.  Fondse is misbruik en die verslag het aanbeveel dat die Ouditeur Generaal ondersoek instel om te bepaal wie vervolg moet word vir die misbruik van fondse.

Die verslag beveel verder aan dat Zuma, Cwele, Mahlobo en senior SSA lede krimineel vervolg moet word.