Wynboere bring interdik teen BLF

Tien applikante, almal wynboere, het ‘n dringende interdik ingedien by die Wes-Kaap Hooggeregshof teen BlackLandFirst.

Die aansoek is gebring om BLF te verhoed om plase te beset in die Wes-Kaap. Wynplase soos Durbanville Hills, Hillcrest Estate Durbanville, Maastricht Plase, Bloemendal Wyn landgoed, Groot Fisantekraal Plaas Trust, Joosten Bergvlakte Trust en die Karoo Trust  was van die aansoekers.

Volgens die aansoek is BLF besig  met onwettige optrede insluitend teistering en dreigemente asook opsweping van persone om teen eienaars op te tree.