Weste versus ooste in Venezuela

Die VSA het minstens ses senior mense in Venezuela geïdentifiseer wat verhoed het dat die noodvoorraad vir die inwoners beskikbaar gemaak kon word.

Intussen is ook vasgestel dat die Adjunkpresident van Venezuela ’n warm verwelkoming in Rusland geniet het.

Die Maduro-regime het hom tot Rusland gewend nadat die Suid-Amerikaanse lande asook die VSA en Europa nie meer sy regering erken nie.

Die VSA het aangekondig dat die ses senior beamptes van die Maduro regering ook op die lys van persone is waarteen reis sanksies ingestel word.

Politieke ontleders wys daarop dat die amptelike regeerder, president Nicolas Maduro, nou op Rusland en Sjina vertrou weens die gebrek aan ondersteuning van Westerse lande wat openlike steun gee aan die selfverklaarde president, Juan Guaido, wat tans moeite ondervind in sy stryd om demokrasie te hervestig in Venezuela.

Foto – Juan Guaido