Wereld se kleinste baba is piekfyn

Na vyf maande van wonderlike versorging in die intensiewe sorgeenheid van ’n hospitaal, kon die kleinste baba nou saam met ma huis toe gaan.

Die baba, wat by geboorte in ’n Japanse hospitaal in Tokyo die skaal op 268 gram getrek het, is ’n seuntjie wat in die eerste vyf maande van sy lewe daarin geslaag het om sy geboorte gewig tienvoudig te vermeerder.

Die baba is op 24 weke gebore met ’n Keisersnee nadat dokters vasgestel het dat hy nie meer toeneem in massa nie, en besluit het om ’n operasie uit te voer.

Die knapie se gewig het op 3,2kilogram gestaan toe sy ma met hom huiswaarts gekeer het waar hy nou normale baba voeding sal ontvang.