VSA-Suid Korea militêre oefening gestaak

Die jaarlikse gesamentlike militêre oefening van Amerika en Suid-Korea wat deurgaans ’n sielkundige uitwerking gehad het om die kommunistiese regime van Noord-Korea, is gestaak.

Die oefening wat met vegvliegtuie, oorlogskepe, soldate en artillerie uitgevoer is, sal vanjaar slegs met kleiner oefeninge vervang word .

Kenners wys daarop dat dit as ’n gebaar van goedgesindheid teenoor die kommunistiese noordelike buurstaat beskou kan word om verdere onderhandeling tussen Kim Jong-Un en President Trump moontlik te maak.

In ’n gesamentlike verklaring het Suid-Korea en Amerika gesê daar sal nie langer met grootskaalse militêre oefeninge voortgegaan word nie in ’n poging om goeie diplomatieke verhouding met die kommunistiese Noord-Korea te verseker.