VSA se linkses kry ’n beurt

Kort nadat die voormalige FBI direkteur, Robert Mueller, sy ondersoek verslag bekendgemaak het, het die tonge losgeraak in die Republikeine se kamp.

Die twee jaar lange ondersoek deur ’n aantal mense wat deur Mueller uitgesoek is, is almal ondersteuners van die Demokrate, soos hyself ook is.

Indringende vrae het nou na die oppervlakte gekom, en een daarvan is dat Republikeine wil weet hoe lank weet Mueller al dat die Amerikaanse president onskuldig is en geen verbintenis gehad het met die Russe nie.

Terwyl Mueller se verslag bestudeer word, het President Donald Trump versoek dat ondersoek ingestel word na die handelinge van die Barack Obama administrasie aangesien sekere nuwe inligting nou bekend geword het uit die Mueller verslag.

Die Vryburger het kennis gekry dat daar ook na die moontlikheid gekyk word om CNN te ondersoek na aanleiding van sy beskuldigings teen die president wat onskuldig is maar beswadder is dur die linkse maatskappy.