VSA onttrek diplomate uit Venezuela

Die Verenigde State sal nog hierdie week die oorblywende diplomate in sy ambassade in Venezuela terugtrek as gevolg van die haglike toestand in die land.

Die inligting is pas deur die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo vrygestel.

Die stap is geneem in die lig van die haglike toestand wat steeds heers, en benewens die tekort aan lewensnoodsaaklike voorraad, word die land verder ontwrig deur ongekende lang kragonderbrekings.

Die president van Venezuela, Nicolas Maduro, beskuldig die VSA daarvan dat hy verantwoordelik is vir die chaos in die land en sê dit word gedoen om die regering uit die kussings te lig en hom as president uit te werk.

Tientalle mense het reeds die lewe gelaat weens die kragonderbrekings, en geneeshere het hulle kommer uitgespreek dat meer mense kan sterf wat in hospitale is en wat afhanklik is van elektrisiteit.

Dokters wys daarop dat mense in hospitale sterf omdat hulle onder operasie is en die kragtoevoer onverwags afsny, terwyl ander van asemhalings toerusting gekoppel is wat ook in gevaar is as die krag afsluit.