VSA: Mueller ondersoek baar muis

Die spesiale ondersoeker, Robert Mueller, wat ook ’n voormalige FBI direkteur was, het na bykans twee jaar se ondersoekwerk na die Russiese inmenging in die Amerikaanse presidentsverkiesing bitter min gevind wat nuuswaardig is.

Die linkse Demokratiese Party het saam met CNN dit hoog opgegee dat President Donald trump met die Russe kontak gemaak het, maar nou mos Mueller saam met die linkses teleurgesteld verklaar dat die president geen skakeling met Rusland gehad het nie, en derhalwe niks teen President Trump kon inbring nie.

Vir die Demokrate is dit ’n groot terugslag, veral omdat hulle al hulle hoop op die linkse Mueller gehad het dat hy met groot opspraakwekkende inligting na vore sou kom.

Die Robert Mueller verslag toon dat geen bewyse van samewerking teen President Trump gevind kon word nie, en na bykans twee jaar se ondersoekwerk word algemeen aanvaar dat alles moontlik gedoen is om bewyse te vind – die ondersoek het ’n muis gebaar.

Die vêr linkse CNN televisiekanaal het in sy dop gekruip na die verslag bekend geword het, maar etlike ure later weer met sy anti-Trump veldtog begin toe vasgestel is dat ook ander instansies ondersoek doen na die president se sake.

Foto – Robert Mueller