VSA beveel Boeing om regstelling te maak

Die Amerikaanse Lugvaartowerheid het die Boeing maatskappy beveel om onverwyld aanpassings te maak op sy Boeing 737 Max 8 vliegtuie.

Die VSA beskik oor ’n splinternuwe Model 737 Max 8 wat egter in die afgelope maande sonder enige aanduiding van foute, sy vlugte suksesvol afgelê het.

Die opdrag aan Boeing kom nadat twee 737 Max 8 vliegtuie op bykans dieselfde wyse neergestort het in ’n bestek van vyf maande.

Dit het gelei tot die dood van honderde mense aan boord, en nou is verskeie lande besig om druk uit te voer op Boeing deur nie hulle &37 vliegtuie te gebruik nie.

Sjina, Ethiopië en Suid-Afrika het besluit om hulle vliegtuie te onttrek tot ’n deeglike ondersoek gedoen is na die oorsaak van die ramp wat Sondag die lewens van 157 geëis het tot dit ses minute na die opstyging, onverwags neergestort het.