Vryheid se water is gif

Die Natalse dorp Vryheid se water kan nie uit die kraan gedrink word nie, en die plaaslike apteek het uit medikasie voorraad geraak toe mense ongesteld geraak het van kraanwater.

Die burgemeester het glo die mense gewaarsku om onder geen omstandighede die kraanwater te drink nie, en drink dit slegs as dit vooraf gekook is, het hy gesê.

Burgemeester Jerry Sibiya se waarskuwing kom nadat tientalle inwoners begin het met maagaandoenings, naarheid en braking.

Die Water bestuurder, ene Nathi Mbongwa, beweer dat hy monsters van die water getrek het vir ontleding nadat die hospitaal reeds 14 pasiente moes behandel.

Deskundiges het aan Die Vryburger gesê die voorval in Vryheid is slegs die punt van die ysberg, en sulke gevalle sal nou al meer na vore kom aangesien die toerusting regoor die land se waterwerke vir 25 jaar moes werk sonder deeglike onderhoud daaraan.