Vragmotor storm in tussen skare

Minstens dertig voetgangers is dood nadat ’n vragmotor tussen ’n klomp mense in gestorm het op ’n hoofweg in Guatemala.

Guatemala, wat grens aan Meksiko, se afgryslike ongeluk op die snelweg het plaasgevind nadat ’n ongeluk vroeër deur motoriste gesien is,, en mense uit hulle voertuie gespring en die persoon gaan help het wat raakgery is.

It het gelei tot ’n samedromming van baie mense op die snelweg, maar die voertuig wat verantwoordelik was om die man raak te ry, het nie gestop nie en weggejaag van die toneel.

Die vragmotor kon blykbaar nie gou genoeg tot stilstand gebring word nie en met die donkerte van die nag was die sig nie goed nie en het hy tussen die nuuskierige mense ingeploeg.

Sowat 15 mense moes inderhaas na die naaste hospitaal gebring word waar noodoperasies en behandeling toegepas is.