Volkswagen realiseer groot wins

Die Duitse motorvervaardiger Volkswagen het aangekondig dat sy wins vir die 2018 boekjaar €12.15 miljard beloop.

Die reuse wins van Volkswagen kom nadat menige probeer het om die vervaardiger te kelder na die dieselgate skandaal van twee jaar gelede.

Die vervaardiger se woordvoerder het ook bekendgemaak dat sy planne in plek is om elektries aangedrewe motors te bou teen ’n tempo wat sal verseker dat dit in die wêreld se aanvraag voorsien sal word.

Die 12 modelle wat die beste verkope getoon het, kon gesamentlik 10,8 miljard voertuie verhandel wat ’n omset van €235.8 miljard beteken.

Die maatskappy beoog om sy aantal elektriese modelle in die volgende tien jaar uit te brei tot 70 om te verseker dat daar aan alle behoeftes voorsien kan word.

Met die vermeerdering sal die elektriese motors van Volkswagen in die tien jaar meer as 22 miljoen voertuie op die wêreldmark plaas.