Vodka vir Noord-Korea in skeepsvrag

Ernstige vrae word gevra oor die doeltreffendheid van die sanksies wat teen Noord-Korea ingestel is as ’n vrag Vodka drank ontdek is op ’n skip in Rotterdam.

Die besending drank, wat klaarblyklik uit Rusland versend is, en vir Noord-Korea bedoel is, kom uiters verdag voor.

Die 90 duisend bottels Vodka is glo bestem vir Pyongyang te midde van die ernstige sanksies teen Noord-Korea, en politieke waarnemers sê dit is waarskynlik die punt van ’n reuse ysberg.

Bewerings dat noodsaaklike voorraad wat onder die sanksies sorteer, word per vliegtuig na die land “gesmokkel” en verskeie lande is daarmee gemoeid.