Venezuela word oorlog sone

’n Resolusie wat deur die Verenigde State van Amerika voorgelê is in die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies oor optrede in Venezuela, is deur Rusland geveto.

Rusland het die resolusie geveto met die argument dat dit ’n manier is om die regime in Venezuela te vervang met ’n ander regering.

Die optrede volg nadat ’n voormalige president van Uruguay, Jose Mujica, ’n beroep gedoen het op die Europese Unie om druk toe te pas sodat gesprekke in Venezuela kan begin.

In die Veiligheidsraad van die VB het 9 lande ten gunste van die VSA se resolusie gestem teenoor die twee stemme van China en Rusland.

Vier lande het klaarblyklik buite stemming gebly.

Foto – Jose Mujica