Venezuela: Nog ’n reuse kragonderbreking

Die kragtoevoer in die geteisterde Venezuela is weer afgesny en hierdie keer is 23 provinsiale gebiede sonder elektrisiteit.

Die onderbreking het ook die hele hoofstad in donkerte gehul en sakelui is woedend omdat die sukkelende ondernemings hard probeer om staande te bly.

Selfs die Parlement in Venezuela is sonder elektrisiteit, maar volgens die omstrede diktator, president Nicolas Maduro, is dit weereens ’n moontlike aanval op die netwerk van kragsentrales.

Baie winkels en sakeondernemings in Caracas, die hoofstad van Venezuela, het hulle deure gesluit en huis toe gegaan uit vrees vir plunderaars.

Die sosialistiese Maduro het weer die skuld op Amerika gepak en gesê die VSA is met ’n kuber-kaping besig.