Venezuela herleef na duisternis

Werksmense kon hulle dagtaak hervat na Venezuela se week lange kragonderbreking in die grootste deel van die land, wat ook die hoofstad insluit.

Die elektrisiteit voorsiening was eers weer Donderdag hervat na ’n volle week van algehele duisternis, en het die rommel-status ekonomie nog verder die afgrond ingedruk.

Die leier van die opposisieparty, wat ook die voorsitter is van die parlement, het gevra dat ’n noodtoestand afgekondig word, maar die Maduro-regime het die versoek geïgnoreer.

Jorge Rodriguez, die amptelike Minister van Inligting het gesê die kragonderbrekings is veroorsaak dur swaarweer, maar die opposisieparty sê dit is omdat geen instandhouding gedoen word nie.

Die diktator, president Nicolas Maduro het egter gesê die VSA sit agter die kragonderbrekings.