TV:  Afrikanervolk en sy ondergang

In 1969 het dr. Albert Hertzog gewaarsku rondom die negatiewe invloed van televisie.  Sy vêrsiendheid word dag vir dag al hoe meer sigbaar veral in ons volk se huise en gesinne.

Skrywer het in 2003 tydens ‘n vroue vergadering die aanwesiges toegespreek oor kommunikasie.  ‘n Sydelingse opmerking is deur my gemaak roor die lokasie sepie Skewende Laan,  naamlik dat verhoudings eendag oor die kleurgrens sou plaasvind op die sepie.  Ek is begroet met sterk teëstand en daar is gesê dat dit nooit sou gebeur nie.

Dit is lankal nuus dat dit wel gebeur het. Die probleem daarmee is dat kinders saam die sepie slaafs elke aand kyk en dit wat opgedis word as normaal en goed beskou.

Nou kom Meisie soek ‘n rugbyspeler op die betaal kanaal as die nuutste sensasie,  seker as opvolger van Boer soek ‘n vrou.  Diegene wat betaal om die snert te kyk sal weet dat daar nou by twee geleenthede ‘n soenery plaasgevind het tussen twee manlike akteurs.

Ma, Pa – kyk julle en jul kinders hierna?  Keur jul stilswyend die sonde goed?  Dit is geen wonder dat ons skole, ons universiteite en ons land in die toestand is wat hy tans is nie.  Ons mag nie vra hoekom gaan dit so sleg met ons as volk nie.

Qua Vadis Afrikaner Boer volk.

VDM