Trump ontvang Eerste Dame van Venezuela

Fabiana Rosales, die eggenote van die tussentydse president van Venezuela, het groot ondersteuning ontvang van Washington, en met haar besoek aan die VSA, die ondersteuning verder versterk.

Terwyl Fabiana Rosales besoek afgelê het by President Trump, het die Amerikaanse staatshoof gesê dit is nodig dat Rusland padgee uit Venezuela.

Die Tussentydse President Juan Guaido van Venezuela het groot kritiek gelewer op die onverantwoordelike optrede van die regering wat toelaat dat die grootste deel van Venezuela reeds vir etlike dae geen elektrisiteit het nie.

Nagenoeg 80% van Venezuela is sonder krag, en die hawe waarvandaan die olie verskeep word, is in donker gehul wat die verarmde land nog verder die afgrond indwing.

Die landswye kragonderbreking kos Venezuela na raming sowat $200 miljoen per dag, wat wens die land s uiters swak finansiële toestand, nie bekostig kan word nie.