Trevor vra opleiding van parlementslede

Die vorige Minister van Finansies, Trevor Manuel, het sy frustrasie uitgespreek oor die swak leierskap van parlementslede.

Hy het versoek dat senior ANC lede moet toetree om huidige leiers in die ANC op te lei om hul werk beter te verrig.

Hy reken dat die “wet van die oerwoud”  nie meer as reël moet geld nie en dat mense geleer moet word wat ‘n balansstaat is en wat die syfers in die staat beteken.

Iemand wat ander mense as “comrade” aanspreek kan nie net in die parlement kom sit en wegkom met niks doen nie, het Manuel gesê.

Foto – T Manuel