Tornado dood talle in VSA

Minstens 23 mense het omgekom in ’n tornado storm terwyl “baie, baie” ernstige beserings opgedoen het in die Amerikaanse deelstaat Alabama.

Die reuse tornado het Sondag oor die gebied sy verwoesting gesaai en baie woonhuise en ander geboue is ook vernietig of beskadig.

’n Woordvoerder van die gebied sê daar is ook kinders gedood en menige het beserings opgedoen en moes na hospitale geneem word.

Die woordvoerder reken die dodetal sal verder styg namate die soektog na vermiste mense vorder, en reddingswerkers probeer beseerde mense betyds opspoor, maar die taak word bemoeilik weens die talle paaie wat onbegaanbaar is en kragtoevoer het talle mense sonder elektrisiteit gelaat.

Bome is ontwortel, motors is beskadig en enkele voertuie is op hulle dakke gelaat deur die verwoestend wind.