Thailand: Anti-miliariste eis oorwinning

Die beweging wat hulle beywer vir ’n oorwinning in die verkiesing om ontslae te raak van die militêre bewind, beweer nou dat hulle die meerderheid stemme getrek het.

Thailand se Pheu Thai party wat in ’n militêre kaping gedurende 2014 omvêr gegooi is as regeerders, eis nou dat hulle die meerderheid het in die land se Laerhuis parlement.

Die party leiers sê die meerderheid is verkry deur samewerking met ses ander politieke partye wat gesamentlik die grootste aantal stemme het en ’n koalisieregering kan saamgestel word.

Die koalisie sal glo 255 setels hè uit die totaal van 500, en glo dat hulle daarmee die land kan regeer.

Die pro-militêre Palang Pracharath part sê egter hulle behoort die land te regeer aangesien hulle die wenners was, is die vroeëre uitslag.    

Die verkiesingskommissie sal egter eers Vrydag kan aankondig wie die wenners is om ’n regering saam te stel.