Texas: Oliebesoedeling na ontploffing

Die owerheid in die Amerikaanse deelstaat Texas het ’n hofgeding begin teen ’n industriële entiteit nadat ’n ontploffing blykbaar ’n brand ontketen het wat giftige gasse die lug ingestuur het.

Ander strukture in die nabyheid het ook in die slag gebly wat veroorsaak het dat die toksiese stof in die naby geleë waterbronne beland het.

 Die industriële maatskappy, Intercontinental Terminals Company sê hulle het reuse skade by die aanleg naby Houston, maar die owerheid sê die besoedeling met toksiese gasse in die lug en water hou ’n groot gevaar in vir die omgewing en die inwoners.

Die kommer bestaan dat daar nie vasgestel kon word hoeveel chemiese stof in die omgewing versprei het nie, en agt van die 242 tenks op die perseel is in die brand verwoes wat die vloeibare gifstof laat versprei het oor ’n wye gebied.