Tesla motors aanlyn te koop

Sowat 18 maande nadat die eerste Tesla Model 3 van die vervoerband gekom het, kon die miljardêr, ruimte tegnoloog en motorvervaardiger, Elon Musk sy beter betaalbare Model 3 bekendstel.

Die jongste nuus is dat die Model 3 Tesla nou aanlyn bestel kan word en slegs vir $35,000 ( ongeveer R490,000) wat tans as die mees bekostigbare motor beskou kan word wat op die mark van elektries aangedrewe voertuie.

Die voertuie word aanlyn bestel en aflewering geskied slegs na lande waar ooreenkomste met die vervaardiger bestaan.

Tesla beoog ook om talle van sy verspreidingspunte regoor die wêreld te sluit sodra die aanlyn stelsel in volle werking is.