Sukses of mislukking

Toe die Afrikanervolk in sy grootste armoede en ellende verval was as gevolg van die Verskroeide Aarde beleid van die Britte tydens die Tweede Vryheidsoorlog, was daar volksleiers wat koers aangedui het.

Die belangrikste aanwysers was om die onderdrukking te bowe te kom deur Afrikanerkinders met goeie onderwys op skool en op universiteit toe te rus om ’n uitstekende loopbaan te verseker.

Dit het wel meer as twee dekades geneem om die eerste golf van goed opgeleide seuns en dogters in die arbeidsmark te verwelkom, maar daarna het die een sukses verhaal na die ander gevolg oor Afrikaners se groot prestasies.

In teenstelling hiermee het die ANC regering sedert 1994 die een mislukking op die ander gelei weens die vreemde ideologie en die herhaling van ’n kultuur van bakhand staan sonder om werklik doelgerig hand aan die ploeg te slaan.

Vandag sien ons die resultaat daarvan – ’n nasie wat fokus op misdaad, korrupsie, diefstal, betogings en verkragtings, terwyl die geleenthede onbenut by sy mense verbygaan

Dit is jammer dat die waarheid nog nie tot hulle deurgedring het nie, want die Woord se Waarheid by vas en seker: Wie nie werk nie sal nie eet nie.