Suid-Afrika ook suiplap staat

Dit is niks om op trots te wees nie, maar Suid-Afrika tel onder die ses lande van die wereld wat die meeste drinkers het.

Die nasie is sesde op die lys van suiplappe, en het die prestasie in 2018 behaal volgens ’n opname van die Wêreld gesondheid Organisasie van die Verenigde nasies.

Wat dit meer weersinswekkend maak, is dat die nasie in die afgelope jaar so gedrink het dat hulle beskryf word as “swaar drinkers”.

Volgens die jongste gegewens verbruik die land se gemiddelde drinker sowat 30 liter alkohol, en dit plaas die land in die sesde plek op die werldq se ranglys.

Kenners wys daarop dat die slegte drink gewoontes die oorsaak is van die menige moorde wat daagliks gepleeg word, die honderde noodlottige padongelukke, en is ook verantwoordelik vir die verkragtings en rooftogte wat deur die “dapper” drinkers uitgevoer word.