Staking: SAID sluit sy groot kantore

Woensdag moes die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) erken dat sy onderhandelings oor lone en salarisse op ’n dooiepunt geëindig het en dat sy werkers Donderdag met ’n staking begin het.

Die SAID woordvoerder sê verskeie kantore moes hulle deure sluit, en waarnemers het aan Die Vryburger gesê dat minstens 25 groot kantore genoodsaak was om te sluit.

Die staking wat regoor ie land gehou word, en hoofsaaklik deur vakbonde soos Nehawu en PSA gedryf is, het Suid-Afrika weereens ’n stap terug gedruk, nader aan rommel status.

Die vakbonde eis ’n onrealistiese 11,5% terwyl die SAID ’n verhoging van 7% aanbied, wat volgens vergoeding deskundiges beskou word as te groot verhoging in ’n tyd van ekonomiese resessie.