Spanje: Inbraak by Noord-Korea ambassade

’n Aktiviste groep word daarvan beskuldig dat hulle ingebreek het by die Noord-Koreaanse ambassade in die Spaanse hoofstad Madrid.

Die Amerikaanse owerheid het ontken dat hy betrokke was by die voorval wat enkele dae voor die ontmoeting tussen President Trump en die kommunis, Kim Jong-Un plaasgevind het in Vietnam.

Die Noord-Koreaanse regering beweer dat die gesteelde inligting uit die ambassade is aan die VSA beskikbaar gestel, en die bewerings word ook gemaak dat die inligting ook aan die FBI gegee is.

Blykbaar het ’n Meksikaanse burger, Adrian Hong Chang, vyf dae na die inbraak die FBI gekontak in New York en inligting aangebied wat afkomstig is uit die Noord-Koreaanse ambassade in Madrid.

Die Meksikaan is glo die hoof van ’n “kriminele organisasie” wat hulle beywer vir menseregte en die bevryding van Noord-Korea.