SpaceX neem Ripley die ruimtes in

’n Nuut omwikkelde ruimtekapsule wat egter “onbeman” is, is die afgelope naweek gelanseer deur die private ruimtevaart maatskappy, SpaceX, met ’n fop-pop met die naam Ripley aan boord.

Die ruimtevaart is bedoel om ’n nuut ontwikkelde ruimtekapsule te toets om aan verskeie nuwe moontlikhede te voldoen.

SpaceX het van Cape Canaveral in die VSA sy jongste kapsule lanseer wat onderweg is na die Internasionale Ruimtestasie (ISS).

Die nuwe kapsule van bykans 5 meter lank is met ’n Falcon 9 vuurpyl suksesvol gelanseer die afgelope Saterdag.

Dit het Ripley ongeveer 27 uur se reis deur die ruimte geneem om by die Stasie aan te kom en die mylpaal word allerweë as ’n reuse deurbraak in die ruimtevaart waarin die tegnoloog Elon Musk aktief deelneem.

Die toetsrit word beskou as ’n belangrike stap in die voorbereiding van ’n sending waarin mense met ’n enkelkaartjie na Mars gestuur sal word, en die span deskundiges het gejuig toe Ripley Sondag met sy nuwe tuig by die stasie aandoen.