So dom was Eskom

Die Amerikaanse maatskappy wat die Kusile Kragstasie in Oos-Transvaal ontwerp het, het ’n blanko tjek van Eskom ontvang wat die ontwerpers R12 miljard wins besorg ht.

Die kragstasie is opgerig om slegs ’n paar weke later te toon dat hy so swak opgerig is dat hy weer tot stilstand moes kom, en nou gaan dit glo etlike miljarde Rand kos om die sentrale reg te maak om sy volle kapasiteit te lewer.

Senior beamptes sê die kragstasie kom nie op volle kapasiteit nie en die konsultante firma Black & Veatch in die VSA lewer swak diens.

Te midde van die toestand, word die konsultante glo nog miljoene Rand betaal terwyl die kragstasie ’n totale mislukking is, en gaan nou ondersoek word deur Special Investigating Unit.

Die nuttelose kragstasie kos Suid-Afrika reeds in totaal, sowat R340 miljard, en waarnemers sê nog is dit nie die einde van betaal nie.