Skoo-geweld in Mondeor

‘n Graad 11 leerling van die Mondeor Hoërskool is buite die skool doodgesteek, waarskynlik met ‘n mes.  Drie leerlinge van ‘n naby geleë skool is volgens kamera beeldmateriaal op die toneel opgemerk.

Die ANC se Panyane Lesufi sou die skool glo besoek om die oorsaak vas te stel en groter verdraagsaamheid te bepleit onder leerlinge.

Hy is die afgelope tyd pal op besoeke by skole waar verkragtings en moorde plaasvind.  Later is ‘n dertienjarige leerling in hegtenis geneem in verband met die moord.

Die geweld by swart skole het nie verminder nadat meer gereelde polisiëring in die omgewing van die skole gedoen word nie.