Skokgranate by hof gebruik

Polisie moes van skokgranate gebruikmaak om honderde betogers buite die Streekshof in Knysna uit mekaar te jaag.  Drie verdagtes het verskyn op aanklagte van moord na die dood van die ANC raadslid Victor Molosi.  Een van die verdagte, Velilie Wax, is ‘n vorige raadslid.  Raadsvergaderings is gekanselleer en munisipale kantore is gesluit  as voorsorg maatreël.

Die kusdorp word gereeld geteister deur geweldenaars, en van die ergste ramp wat die omgewing en dorp getref het, was to ’n brand uitgebreek het in die Knysna woude wat ook talle woonhuise vernietig het.

Die dorp se inwoners word ook deur dwelmsmouse geteister wat kinders en jongmense, meestal in die bruinmense se woongebied, betrek om as verspreiders op te tree.