Seëvierende Trump ontnugter Kim

Na afloop van die mislukte samesprekings het die afgevaardigdes van Noord-Korea saam met hulle leier, Kim Jong-Un, die onderhandelings saal druipstert verlaat om ’n perskonferensie te hou.

Aanvanklik is gereël dat die twee leiers ’n gesamentlike perskonferensie sou hou, maar toe President Donald Trump die onderhandelings beëindig, was Kim Jong-Un nie net verslae nie, maar ook ’n leier wat weet hy het as verloorder uit die lokaal gestap.

Hy het klaarblyklik gedink die mooi en vriendelike houding van die Amerikaner is die beeld van ’n man wat verleë is, maar moes tot sy ontnugtering besef dat Trump deeglike huiswerk gedoen het wat Kim vasgepen het oor sy kernwapen aanlegte wat hy “weggesteek” het maat wat die Amerikaners uit geruik het.

Die verleentheid waarin die kommuniste verkeer het toe hulle gekonfronteer is met al die ander aanlegte was eens te veel, en toe Trump in geen onduidelike taal aan hulle sê dat onderhandelings nie kan voortgaan in oneerlikheid nie, was die slag gelewer.

Kenners het later bevestig dat President Trump ’n uiters gedugte teenstander is wanneer dit gaan oor bedinging in onderhandelings, en dit is bevestig in die afgelope Vietnam onderhandelings.