Sanders gereed vir VSA presidentsverkiesing

Die vêr linkse sosialis, senator Bernie Sanders, het sy verkiesingsveldtog afgeskop met ’n saamtrek in die oorwegend linksgesinde New York.

Sanders hoop om hierdie keer die Demokrate se amptelike kandidaat te wees vir die 2020 presidentsverkiesing in Amerika.

Sanders het in sy openings veldtog gesê President Donald Trump is die “gevaarlikste president in die geskiedenis van ’n moderne Amerika”.

Sanders het ook in die vorige presidentsverkiesing probeer om as kandidaat teen Donald Trump te staan, maar die voormalige Minister van Buitelandse Sake, Hillary Clinton het hom uitgeknikker, wie toe self ook die knie moes buig voor Trump.

Sanders maak daarop aanspraak dat hy die meerderheid van jong kiesers se ondersteuning geniet, maar die deursnit Amerikaner is nie sosialisties gesing nie, en kan sy stryd teen ander Demokrate verloor wat ook in die wedloop is.