Sakevertroue verder geknou

Die fase 4 kragonderbrekings die afgelope paar dae het sakevertroue, veral in die klein sake sektor,  ‘n ernstige knou toegedien.

Besighede wat tydens en oor spitstye sonder elektrisiteit gelaat is, het  verliese gehad weens dalende aanvraag en inkomste.

Die vooruitsigte lyk ook steeds donker met Eskom se aankondiging dat die onderbrekings tot en met die middel van die week kan voortduur.

‘n Water reserwe tekort het Eskom genoodsaak om fase 4 beurtkrag in te stel om die nodige reserwes aan te vul.  ‘n Rotasie stelsel is ingestel met die krag onderbrekings wat volgens Eskom ‘n laaste desperate poging is om die land se kragstelsel te beskerm teen ‘n totale ineenstorting.

Eskom het ‘n “opregte” verskoning aangebied aan alle partye wat beïnvloed is deur die onderbrekings wat deels veroorsaak is deur die sikloon wat Mosambiek getref het en waarvandaan Eskom ook elektrisiteit aankoop.