Sakevertroue op nuwe laagtepunt

Sakelui se wantroue in  ANC president Cyril Ramaphosa en sy regering word weerspieël deur ‘n verslag van Rand Mechant Bank.

Volgens die verslag het die algemene sakevertroue gedaal tot ‘n  nuwe laagtepunt vir die afgelope 21 maande.

Die Indeks vir Sakevertroue het met drie punte afwaarts beweeg – dit is die laagste vlak sedert middel 2017 toe Jacob Zuma sy minister van Finansies, Pravin Gordhan afgedank het.

Mt Gordhan se afdanking is die land afgegradeer tot sub-beleggings vlak.  Sewe uit tien sakemanne is ongelukkig met die huidige toestand in die land wat kenners se mening bevestig dat Ramaphosa nie oor die vaardighede beskik om die land uit sy ekonomiese krisis te lei nie.