SABC kry nog belasting geld

Met die komende verkiesing wat voorlê het die ANC regering waarskynlik  besluit om weereens hul spreekbuis, die SABC, geldelik te help .

Dit volg nadat die hoof van die uitsaaier, Madoda Mxakwe, gewaarsku het dat die entiteit op die rand van bankrotskap is en binne twee weke nie sal kan voortgaan nie.

Daar word nie gemeld hoeveel geld weer in die put gegooi gaan word nie maar dit gaan glo nie R6.8 miljard wees soos wat die uitsaaier soek nie.  Rekeninge en salarisse sal glo gedek kan word.

Foto – Madoda Mxakwe