SA toerismebedryf kan dalk verbeter

Suid-Afrika se kwynende toeristebedryf het pas die aandag van die ANC regering gekry toe die besef deurgedring het dat die toerisme teen ’n snelle pas agteruitgegaan het.

Die SA Toerisme Diens (Satsa) het nuwe maatreëls verwelkom, maar betwyfel sekere daarvan weens onuitvoerbaarheid.

Die praktiese toepassing van ten minste een regulasie word bevraagteken wat ingebring is, en wat betrekking het op kinders wat reis, en nou minder streng sal wees.

Die kontroversiële regulasies rakende kinders is hersien en deur die Departement van Binnelandse Sake gefinaliseer om minder streng te wees.

Die wysiging volg sowat vier maande nadat streng regulasies ingestel is om kinders te beskerm wat op reis gaan, maar wat intussen die toerisme bedryf ’n harde knak gegee het.

Die ou regulasie wat deur Derek Hanekom ingebring is, moes nou verslap word ten einde toerisme te probeer bevorder, maar kenners sê daar is te veel ander faktore wat ook ’n rol speel wat buitelandse toeriste weerhou om die land te besoek.