SA se twee ekonomiese krisisse

Die Reserwe Bank se monetêre komitee vergader die week om ‘n besluit te neem rondom koers aanpassings. Ekonome verwag dat die Repokoers nie verhoog sal word nie.

Dit beteken die Repokoers sal 6,75% bly en die uitleen koers van banke 10,25%. Die graderingsagentskap Moody’s sal op 29 Maart aankondig of daar ‘n verandering in hul gradering van die land se status sal wees.  Moody’s is tans die enigste agentskap wat SA nie op rommel status gradeer nie.

Suid-Afrika se ekonomie is swaar getref met die Eskom debakel, en die swak Rand tesame met die vooruitsig van ’n verdere verhoging in die brandstofprys maak dit vir verbruikers al moeiliker.