SA en die tegnologie

In die afgelope 25 jaar sedert die ANC die bewind oorgeneem het in Suid-Afrika het daarop die wêreldmarkte ontsaglik baie nuwe ontwikkelings verskyn.

Die tegnologie was nie net beperk tot 3D-drukkers wat enige ding kan maak nie, en ’n hedendaagse selfoon is ook nie meer di bonkige apparaat van jare gelede nie.

Sonpanele wat nie net op elke nuwe woonhuis se dak aangebring is, maar wat ook op “sonplase” in massa opgerig is, is slegs enkele voorbeelde van ontwikkeling waarin Suid-Afrikaners ook deel.

Maar daar is ’n duisternis van tegnologiese vordering in die wêreld waarvan hierdie land en sy inwoners kwalik bewus is, terwyl daar ook ontwikkeling bestaan waarvan almal bewus is, maar ook weet dat dit ons nie beskore is nie.

Mediese dienste krepeer, en die bestaande toerusting in hospitale word deur onopgeleide personeel hanteer om uiteindelik stukkend te staan en die diens verder verswak.

Die koms van die elektries aangedrewe motorvoertuie is ’n gegewe feit, maar die onvermoë van Eskom sal die hoofoorsaak wees dat die land gaan voort sukkel met die brandstof modelle – ongeag hoe oud die voertuie is.

Hoe die Afrikaners hulle in die werklikheid van ’n enorme ontwikkeling gaan posisioneer terwyl Afrika stilstaan, geen ons ’n rede om te besin oor waarheen ons wil beweeg.