SA boere nie verniet die bestes nie

Die Suid-Afrikaanse kommersiële landbouers is nie verniet beskou as die wêreld se beste voedselprodusente nie, want vanjaar het hulle weereens bewys gelewer waarom dit so is.

Alhoewel die erge droogtes daartoe gelei het dat oesskattings gemaak is wat kommerwekkend is, het die boere hulle nie laat onder kry nie, en het in geloof geproduseer te midde van die skaars reën wat so nodig is.

Die afgelope week is verslag gelewer oor die stand van produksie, en was almal aansienlik verras om te verneem dat Suid-Afrika nie nodig het om grootskaals voedsel in te voer soos verwag is nie.

Alles dui daarop dat die boere voldoende produseer om aan die binnelandse vraag te voorsien, en dat weinig afgewyk sal word van die hoë standaard in gehalte waaraan die verbruiker gewoond is in hierdie land.

Te midde van groot droogte toestande in belangrike mielie produksie gebiede soos Wes-Transvaal, sal Suid-Afrika voldoende mielies produseer sonder dat ’n pit ingevoer word.

Landbou kenners sê dit is genoeg rede om trots te wees op die voedselprodusente wat dit te midde van vele uitdagings, steeds daarin slaag om bo gemiddeld te vaar met produksie.