Rusland stuur vliegtuie na Venezuela

Die stryd om Venezuela het nou ’n internasionale stryd geword met President Nicolas Maduro wat hom tot Rusland wend om die isolasie te bowe te kom.

Rusland het homself verbind tot bondgenoot van die omstrede president Maduro, en het twee vragvliegtuie met militêre voorraad, asook ’n aantal Russiese troepe na die hoofstad Caracas gestuur.

Die Russiese betrokkenheid kom nadat Westerse land besluit het om nie die diktator, President Maduro, se regering te erken nie.

Die twee vliegtuie het via Sirië na Venezuela gevlieg en na raming is ’n 100 troepe onder aanvoering van ’n weermag hoof en 35 ton materiaal afgelewer in Caracas .

Die optrede van Rusland word beskou as ’n duidelike waarskuwing aan Westerse moondhede om nie militêre inmenging te prober toepas in Venezuela nie.