Rusland onttrek uit Kernverdrag

Etlike weke nadat president Donald Trump gewaarsku het dat die VSA sal onttrek uit die Internasionale Kernverdrag het Rusland aangekondig dat hy nou amptelik uit die ooreenkoms onttrek.

Dit volg nadat die Trump-regering Rusland daarvan beskuldig het dat hy die ooreenkoms verbreek deur nuwe kernmissiele te toets.

Die Internasionale kernkrag Ooreenkoms is dekades gelede deur die voormalige Amerikaanse president, Ronald Reagan, geïnisieer ten einde die wapen wedloop te beëindig.

President Vladimir Poetin het tydens sy staatsrede aangekondig dat Rusland nou voortgaan met die ontwikkeling van hipersoniese kernmissiele, en het daarmee die wapen wedloop hervat.

Die VSA het nog nie aangekondig of hy amptelik uit die ooreenkoms onttrek het nie, en sal waarskynlik eers ’n Kongresbesluit moet kry voor so ’n stap moontlik word.

Foto – President Vladimir Poetin