Rusland herdenk anneksasie van Krim gebied

Vyf jaar nadat die Krim gebied deur Rusland geannekseer is, het die Russiese Sentrale Bank ’n gedenk muntstuk gedruk om die geleentheid feestelik te vier.

Die Krim is ’n deel van die Oekraïne maar is vyf jaar gelede deur pro-Russiese rebelle in die streek geannekseer as afsonderlike staat, maar dit kon nie bereik word sonder die steun van Rusland nie.

Kort na die anneksasie het Rusland begin met die oprigting van die 19 kilometer lange Kerch Strait Brug wat die Krim met Rusland verbind.

Die herdenkingsfees met die slagspreuk “Hereniging met Rusland” word in groot dele van Rusland gevier, en die gedenk munt, waarvan twee miljoen gedruk is, bevat ook die slagspreuk wat wyd in Rusland verkoop word aan die publiek.