Roundup: Bayer moet opdok

Die Jurie van ’n Amerikaanse hof het beslis dat Bayer, die nuwe eienaar van Monsanto, en vervaardiger van Roundup onkruiddoder, die klaer $80 miljoen moet vergoed.

Die Jurie van ’n Federale hof in San Francisco het Monsanto veroordeel vir die feit dat ’n tuinier kanker opgedoen het weens die gedurige gebruik van Roundup om onkruid in die tuin te bestry.

Edwin Hardeman se eis is die eerste wat deur ’n hof se bevinding ’n gunstige beslissing gekry het, maar nou wag daar sowat 620 ander eisers wat soortgelyke klagtes het wat op uitsluitsel wag deur middel van howe in die VSA.

Waarnemers reken die Amerikaanse eienaars van Monsanto het die maatskappy verkoop voordat hulle aanspreeklik sou wees vir miljoene dollar se eise van mense wat die produk hanteer het.