Roemenië erken Jerusalem as hoofstad

Eerste Minister Viorica Dancila

Politieke leiers in Israel het hulle waardering uitgespreek vir die aankondiging wat gemaak is deur die Eerste Minister van Roemenië dat die land ook Jerusalem as Israel se hoofstad erken.

Roemenië se nasionalistiese regering, onder leiding van Eerste Minister Viorica Dancila, het nou met die aankondiging in die spoor van Amerika getrap toe aangekondig is dat die ambassade ook van Tel Aviv na Jerusalem verskuif gaan word.

Die premier het die aankondiging gemaak tydens die jaarlikse konferensie van die Amerikaans-Israel Openbare Sake Komitee, wat beskou word as ’n sterk en invloedryke struktuur.