Rassisme en seksisties

Faith Mazibuko se onlangse tirade teenoor senior regerings amptenare is glo een van ‘n reeks episodes. Die Gautengse premier David Makhura het Mazibuko in die openbaar aangevat oor haar gedrag en dit beskryf as “rassisties en seksisties”.

Ten spyte van haar geskiedenis is sy tans vyfde op ANC se lys van genomineerdes vir die verkiesing in Gauteng.

Dit beteken dat sy ‘n lid sal wees van die provinsiale regering na die verkiesing indien die ANC die oorwinning behaal.

Mazibuko het intussen verskoning aangeteken vir haar swak optrede, maar baie kiesers in die provinsie is nie tevrede met haar nominasie nie.

Foto – David Makhura