Ramaphosa ‘n tweede Mugabe

President Cyril Ramaphosa het op tipiese Robert Mugabe wyse uitgevaar teen Westerse moondhede en gesê dat die ANC/regering nie marionette sal wees van Westerse moondhede nie.

Nie net moet onderwys alleen gedekolonialiseer word nie, maar ook die wyse waarop besighede bedryf word.

Die president wil nie dat SA marionet wees van die Weste nie, en tog gaan bedel hy en sy ministers geld by Westerse beleggers.

Hoe Ramaphosa kan sê dat daar sedert 1994 sowat 8,5 miljoen werksgeleenthede geskep is,  is duister vir enige analis aangesien die werkloosheidsyfer tans hemelhoog is.